
=====================================================================
Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou

IN Maart 1997 het 'n suksesvolle Vlaamse Week in Stellenbosch plaasgevind waardeur nagenoeg 25 000 Suid-Afrikaners bereik is.

Tussen 10 en 17 Oktober vanjaar is dit opgevolg met 'n soortgelyke week lange program, di keer in Vlaandere.

Soos die sentrale tema van die week aandui, nl. "Zuid-Afrika, een caleidoscoop", was dit 'n lewendige en kleurvolle storie.

Meer as eenhonderd en dertig Suid-Afrikaanse deelnemers (koorlede, sprekers, musikante en ander kunstenaars) is as gaste vir die 
geleentheid na Vlaandere genooi en is daar gul ontvang.

Volgens prof. Ward Thielemans, wat as hoof van die Vlaams-Zuidafrikaanse Cultuurstichting aan die spits van alle relings gestaan het, is 
ruim meer as 25 000 Vlaminge deur die Suid-Afrikaners op regstreekse vlak bereik. Dit het gebeur deur sestig byeenkomste in al vyf die 
provinsies van Vlaandere, en ook Brussel as hoofstad.

Hierdie soort grootskaalse kultuurfokuspunte, soos ook ons eie eg Afrikaanse Klein Karoo Nasionale Kunstefees en Aardklopfees, word nou 'n 
bekende verskynsel, tot voordeel van moderne kultuuruitbouing. Dit gee ook aan die kultuurnywerheid nuwe opflikkerings: CD's word verkoop 
of bestel, boeke word bekendgestel, kunstenaars kry verdere blootstelling en hopelik besigheid.

Maar bowenal leer die Nederlandstalige en Afrikaanstalige kultuurgenote mekaar beter ken en verstaan deur hierdie tipe geleentheid. Uit 
hulle belewing van taalkontak in Belgi reik die Vlaamse gemeenskap opnuut in groot opregtheid en warmte uit na ons as Afrikaanstaliges in 
'n veeltalige Suid-Afrika.

In Nederland en Vlaandere is daar 'n opmerklike strewe na groter samewerking op weg na 'n Nederlandstalige regio of streek in Europa. Vir 
die Afrikaanse taalnywerheid, toerisme, die opvoedingswreld, handel en tegnologie is dit noodsaaklik dat ons in Suid-Afrika rekening hou 
met die regio-strewes en moontlikhede in die grotere Nederlandse wreld. Ons kan nou op 'n groter skaal met mekaar saammaak as ooit 
voorheen.   Dr. Karel Prinsloo , uitvoerende direkteur, Stigting vir Afrikaans.

Terug na bo

Hoofartikel

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av556.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

